100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga steek 19 000-kerf verby

Written by on August 12, 2020

Meer as 19 000 positiewe Covid-19-gevalle is aangeteken in die provinsie.
Volgens Mpumalanga se gesondheidsdepartement is daar tans 19 483 gevalle.
Die meeste is op 5 Augustus bevestig, toe meer as 4 000 laboratoriumtoetse in ‘n dag uitgevoer is.
Die afgelope week is ‘n gemiddeld van 570 nuwe gevalle per dag aangeteken.
Bykans 83% van pasiënte het tot dusver herstel.
‘n Totaal van 149 mense is weens die virus dood. Sewe van hulle was gesondheidswerkers.
Die departement voer aan dat 1 012 gesondheidswerkers positief getoets het vir die virus. Van hulle werk 800 in openbare gesondheidsfasiliteite.
Woordvoerder van die departement, Dumisani Malamule, sê eMalahleni (Witbank), Middelburg, Govan Mbeki en Mbombela is die ergste geraak.
In Mbombela is meer as 3 000 gevalle, ‘n totaal van 3 035, reeds bevestig. Tien mense is oorlede.

“Ons data dui daarop dat vroue 54% van alle gevalle in Mpumalanga uitmaak,” sê hy. “Die meeste gevalle (29%) is in die ouderdomsgroep 30 tot 39-jariges aangemeld.
“Twintig persent is tussen 40 en 49 jaar oud. Dit wys dat die meeste gevalle onder die ekonomies aktiewe deel van die bevolking voorkom.”
Die LUR vir gesondheid, Sasekani Manzini, moniteer ook die voorraadvlakke van beskermende kleredrag. Tot dusver is dit voldoende.
Die minister van gesondheid, dr. Zweli Mkhize, het mense verder aangemoedig om gesondheidsfasiliteite te besoek vir al hul kwale.
“Ons het opgemerk dat mense soms nie op matige griepsimptome ag slaan en hulp soek nie, wat ernstige gevolge kan inhou vir veral ouer mense en diegene met onderliggende siektes,” sê hy.
Van die sterftes wat weens Covid-19 in Mpumalanga aangeteken is, het die meeste mense hoë bloeddruk gehad, gevolg deur diabetes.


×