100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga Rugbyinstituut bekendgestel

Written by on November 19, 2020

Die Mpumalanga Rugbyinstituut (MRI) is gisteraand by Mbombela-stadion bekendgestel.
Dit is in samewerking met UXI Sport, wat reeds sulke institute by die WP, Cheetahs, Griekwas, Boland en Elephants bedryf.
Chumani Booi, voormalige afrigter van die Cheetahs se Pro-14-span, is bevestig as die hoofafrigter by MRI.
Thea Visagie van UXI Sport verduidelik dat dit skoolverlaters wat nie universiteit toe kan gaan nie, die geleentheid bied om hul sport te ontwikkel terwyl hulle studeer.
R1 miljoen se beurse is beskikbaar gestel vir 2021 se studente.

Mpumalanga-rugbyunie sê hul oogmerk is om rugbyspelers te ontwikkel, sowel as afrigters, skeidsregters, en spesiale vaardighede.
2021 sal afskop met sport-verwante kwalifikasies. Dit sal teen 2022 uitbrei om ook ambagte, bemarking en landbou in te sluit.
Visagie is besonder opgewonde oor die toerisme-kwalifikasies. “Navorsing wys dit neem sowat ‘n jaar vir ‘n speler om homself weer na rugby in ‘n werk te vestig. As hulle nie hul kwalifikasies voltooi het nie, dalk weens rondtrek tussen provinsies, neem dit langer.
“Ek was geskok toe ek uitvind hoe min spelers kwalifikasies het.”
Sy noem die MRI ‘n wêreldklas, “high performance” omgewing. Dit is ook ideaal vir spelers wat later ontwikkel.

“Sport is ‘n fantastiese manier om ‘n jongmens te ontwikkel. Sport leer jou spanwerk, dissipline, en om aan te pas. Dit is kwaliteite wat jy in die werksplek ook benodig.”
Belangrik is dat hulle geen speler ‘n kontrak beloof nie. “Die struktuur ontwikkel spelers wat andersins verlore sou gewees het, maar ons maak geen beloftes van ‘n professionale pad nie.
“Ja, ons maak ‘n sportinstituut oop, maar dit is baie meer as dit. Ons het ‘n holistiese benadering.”
Die studierigtings is op aanstelbaarheid gemik. En, sou student vir rugby tussen provinsies beweeg, kan hulle hul studies daar hervat.
“Plaaslike talent kan nou hier bly, hulle het nou ‘n geleentheid. En hier kan jy raakgesien word. Die afrigter sien jou oefen. Dit is nie net vyf minute op ‘n veld nie.”

Sy voeg by dat dit vir die jeug hoop sal gee. “Ek is moeg om te hoor hoe baie jongmense ons land wil verlaat. Ek sou baie bekommerd wees as ek ‘n sportfederasie was. As almal besluit hulle speel nie meer hier nie, wat gaan van ons talent word?”
Die MRI sal by Mbombela-stadion gebaseer wees. Roelof Kotze bestuur die program. Oud-spelers Lambert Groenewald en Justin van Staden gaan die studente werf.
Kontak hulle by [email protected] en 061-228-0102 of [email protected] en 072-641-6573.


×