100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga onderwys: Salarisrekening wek kommer

Written by on June 25, 2020

Robotika en kodering sal vanaf 2021 as vak aangebied word in 110 skole in die provinsie.
Bonakele Majuba, LUR vir onderwys in Mpumalanga, het Dinsdag in sy begrotingsrede vir die 2020/21 finansiële jaar hierdie aankondiging gemaak.
Tog het baie skole in die provinsie steeds gebrekkige infrastruktuur vir sanitasie. In totaal is R1,2 miljard aan die ontwikkeling van infrastruktuur toegedeel.
Vanjaar sal daar ook ‘n groot klem geplaas word daarop om vroeë kinderontwikkeling te professionaliseer, deur meer leerkragte te help om behoorlike kwalifikasies te bekom.
‘n Totale bedrag van R416,2 miljoen is aan vroeë kinderontwikkeling geallokeer.
Volgens die DA is dit egter R126 miljoen minder as verlede jaar se toedeling. Dieselfde geld vir handboeke en onderrigmateriaal.
R300 miljoen is geoormerk om te verseker elke leerling het ‘n handboek.

Die departement se totale begroting beslaan vanjaar R23,5 miljard. Maar, sê die DA, 80% daarvan word aan salarisse bestee.
Jane Sithole, die party se woordvoerder vir opvoeding, voeg by dat daar ‘n 40% vakaturekoers in die departement is.

Sy wys ook daarop dat 375 skole sanitasie infrastruktuur benodig. Slegs 191 sal in hierdie finansiële jaar water (66) en sanitasie (131). Volgens die DA is dit egter slegs genoeg om 90% van die nodige wiskunde en English First Additional Language handboeke vir leerders in grade 3, 6, 9 en 12 aan te skaf.
ontvang.
Verder is wiskunde en wetenskap vir die departement ‘n prioriteit. R57 miljoen is bedoel om die getal leerlinge wat dié vakke neem en slaag te vermeerder.
R44 miljoen sal ook aangewend word om leerlinge, veral die gr. 12, se uitslae te verbeter.
Majuba het al die private maatskappye wat die departement ondersteun, vir hul bydraes bedank.
Hy voeg egter by dat hulle hulp benodig om projekte soos tegniese skole, ‘n skool vir dowe en blinde leerlinge en meer vroeë kinderontwikkeling klaskamers te implementeer.
Hy is tevrede met die gr. 7 en gr. 12-leeringe se terugkeer skool toe na die tydperk van inperking. Die fokus is nou op die terugkeer van ander graadgroepe in Julie.

 


×