100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Bloedbank sukkel sonder skole

Written by on June 25, 2020

Die wêreld mag dalk weens Covid-19 vir ‘n paar weke stilgestaan het, maar chroniese siektes en geboortes het nie.
Bloed red daagliks ontelbare lewens en die enigste manier om dit by pasiënte in nood te kry, is wanneer gesonde mense dit skenk.
Junie is Nasionale Bloedskenkmaand maar SANBS Laeveld sê hulle sukkel om genoeg bloed in te kry.
Volgens Relebohile Matsimbi is skole gewoonlik hul grootste bron van bloed, maar hulle word tans glad nie daar toegelaat nie.
Hulle mag ook nie by kantore omgaan nie. Matsimbi sê hulle bereik daarom tans glad nie hul doelwitte nie.
Landwyd teiken SANBS 3 000 skenkings per dag om in die vraag te voorsien.
Matsimbi gee toe dat mense onseker is om te skenk weens die Covid-19-pandemie, maar sy het haar versekering gegee dat dit heeltemal veilig is.

“Wanneer jy by die sentrum aankom, neem ons jou temperatuur en vra jou om ‘n spesiale vraelys in te vul. As jy nie simptome het of in kontak was met iemand met die virus nie, kan jy veilig bloed skenk.”
Alle reëls rondom sosiale afstand en maskers moet ook nagekom word.
Besoek die bloedbank se skenkingstasies in i’langa Mall en Riverside Mall. Hulle is elke dag van die week oop, insluitende Sondae.

Hoe werk dit?
Jy kan binne slegs 20 minute, bloed skenk wat tot drie lewens kan red want elke eenheid bloed word in drie lewensreddende dele verdeel – rooibloedselle, plaatjies en plasma.

Wie mag bloed skenk?
• Jy moet tussen 16 en 75 jaar oud wees en ten minste 50 kilogram weeg.
• Jy moet oor die algemeen gesond wees en ‘n lae risiko leefstyl handhaaf.
• Jy kan elke 56 dae bloed skenk.
• Onthou om ten minste vier ure voor jou skenkings ordentlik te eet


×