Mpumalanga grond in bedwang

Written by on October 30, 2020

Want create site? Find Free WordPress Themes and plugins.

Onwettige grondbesetting wek kommer en skep konflik, Dr Pieter Groenewald, VF Plus leier verduidelik waar die probleem vandaan kom.

“Grond eienaars se regte moet beskerm word, want as ons nie gaan omgee dat grond onwettig bekom word nie, gaan dit wetteloosheid en groot konflik veroorsaak tussen gemeenskappe,”

Grond eienaars wil hulle grond beskerm teen onwettige grondbesetters.

Hoe kan die regering dit maak werk dat daar genoeg grond beskikbaar is vir almal?

Groenewald verduidelik dat daar nou al beplanning gemaak moet word weens die verstedeliking wat plaasvind, maar hy sê omdat die regering nie omgee en die prosedure volg om die stad op die regte manier uit te brei nie, begin daar meer en meer onwettige grondbesetting plaas te vind.

Groenewald verduidelik dat dit net kan gebeur as daar bevoegde persone aangestel word, nie deur regstellende aksie nie maar deur meriete.

Hy haal president Cyril Rhamaphosa aan wat sê dat niemand die reg het om onwettig grond te beset nie en dat die regering dit nie sal toelaat nie.

“As die president dit sê moet hy dit doen,”

Hy sê dat korrupsie op grootskaal gebeur wanneer dit by grond hervorming kom.

Did you find apk for android? You can find new Free Android Games and apps.

Current track

Title

Artist

Background
×