100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mpumalanga Cogta-hoof in hof oor beskermende kleredrag

Written by on June 7, 2022

Die hoof van die Mpumalanga Departement van Samewerkende Regering (Cogta), Sam Ngubane, is gister aangekla van oortreding van die Wet op die Bestuur van Openbare Finansies (PFMA).
Volgens die Valke hou dit verband met ‘n kontrak vir beskermende kleredrag wat deur sy departement toegeken is.
Hy het gister in die Nelspruit-landdroshof verskyn. Hy is borgtog van R10 000 toegestaan.
Die saak is uitgestel tot 28 Julie wanneer dit saam met die van drie ander aangeklaagdes gevoeg sal word.
Ngubane is in Desember 2018 onskuldig bevind op korrupsieklagte na die saak ontslaan is op grond van ‘n tekort aan bewyse.


×