100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Montrose-wisselaar amptelik in gebruik

Written by on September 8, 2023

Die multi-miljoenrand N4 Montrose-wisselaar is vanoggend amptelik deur die minister van vervoer, Sindisiwe Chikunga, geopen.
Die opgradering van die N4/Montrose/Schoemanskloof-wisselaar het in Januarie 2022 begin as deel van die Maputo-korridor-ontwikkelingsinisiatief.
Dit bestaande kruising waar Schoemanskloof en Elandsvallei bymekaarkom is opgradeer na ‘n vryvloeiende wisselaar om verkeersvloei te verbeter.

montrose-wisselaar
Die Montrose-wisselaar is op 23 Augustus in gebruik geneem.
Die projek, ter waarde van R216 miljoen, het die bou van vier nuwe wisselaaropritte en die verbreding van die bestaande tweespoor Krokodilbrug van twee tot vyf bane ingesluit.
Volgens TRAC is die nuwe boogbrûe wat die opritte verbind uniek deur dat dit deur aangrensende rotssnyvlakke ondersteun word. Vyf 25 m maste verlig ook die pad, wat sigbaarheid en padveiligheid verhoog.
montrose-wisselaar
“Sedert die begin van die konsessie in 1998 het TRAC voortdurend opgraderings, uitbreidings en rehabilitasieprojekte op die roete uitgevoer,” sê Alex van Niekerk, die uitvoerende beampte van TRAC. “Ons sal aanhou om onverpoosd te werk om aan padgebruikers wêreldklas infrastruktuur en diens te bied.”
Sien ook: Machadodorp-wisselaar amptelik geopen


×