100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Meer as 1 700 hardlopers durf Saterdag die Elands aan

Written by on April 19, 2023

Alles is in plek vir die TRAC N4 Elands-marathon hierdie Saterdag.
Meer as 1 700 deelnemers het reeds ingeskryf.
Die skilderagtige roete vir die 42,2 km begin by Laerskool Oosterlijn in Waterval Boven en eindig by die Sappi-opleidingsentrum in Ngodwana.
Solange Soares, kommunikasiebestuurder van TRAC, sê dit word beskou as die vinnigste kwalifiserende wedloop vir die Comrades in Mpumalanga.

Verkeer op die Elandsvallei deel van die N4 sal die oggend van die wedloop vanaf 05:30 tot 12:30 deur Schoemanskloof herlei word, om die veiligheid van die hardlopers te verseker.
Daar is ook ‘n 21 km en 10 km wedloop.
Vanjaar word daar ook ‘n voorwedloop ekspo aangebied met ‘n verskeidenheid uitstallers.
Sien ook: Elands-marathon vanjaar ook ‘n familiebyeenkoms
Dit vind Vrydag by Milly’s-vulstasie plaas en hardlopers sal hier hul nommers afhaal.


×