100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Klagtes teruggetrek teen Hillary Gardee beskuldigdes

Written by on April 17, 2023

Die Nasionale Vervolgingsgesag het voorlopig die klagtes teruggetrek teen die vier mans wat aangekla is van die moord op Hillary Gardee.

Die verhoor sou Woensdag, 12 April, in die Mpumalanga Hooggeregshof in Mbombela begin het.

Getuies kon egter nie bereik word nie.

Philemon Lukhele, Albert Gama, Sipho Mkhatshwa en Rasie Hlabirwa Nkune is aangekla van sameswering om moord te pleeg, moord, verkragting, ontvoering, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en regsverydeling.

Nkune staan nog tereg op twee ander klagte van moord in KaNyamazane en een in Sundra.

==========

Borgtog vir Hillary Gardee-moordverdagte – 16 Januarie 2023

Een van die beskuldigdes in die Hillary Gardee-moordsaak is Vrydag borgtog van R20 000 toegestaan in die Nelspruit-landdroshof.

Philemon Lukhele word saam met drie ander aangekla van sameswering om moord te pleeg, moord, verkragting, ontvoering, die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en regsverydeling na die dogter van die voormalige sekretaris-generaal van die EFF, Godrich Gardee, se liggaam op 3 Mei in ‘n plantasie op die Sabie-pad ontdek is.

Lees meer: Datum vasgestel vir Hillary Gardee-moordverhoor

Vroeër is Albert Gama se borgaansoek van die hand gewys, Sipho Mkhatshwa s’n is geweier en Philemon Lukhele en Rasie Hlabirwa Nkune het hul borgaansoeke laat vaar.

Lukhele het toe weer aansoek gedoen.

Volgens die woordvoerder van die Nasionale Vervolginsgesag (NVG), Monica Nyuswa, moes Lukhele sy paspoort inhandig, moet hy weekliks by die polisiestasie aanmeld, en mag hy nie met getuies inmeng nie.

Hul verhoor is geskeduleer vir 11 April tot 12 Mei.


×