100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Me. Pinky Phosa en ʼn span vrywilligers reik uit na mense in nood

Written by on April 25, 2020

Die informele nedersetting gemeenskap van Bhamjee naby Ngodwana kon Vrydag 24 April breed glimlag toe kospakkies en vars nartjies aan hulle oorhandig is. Hier is geweldige armoede in die gemeenskap en daar is nog nie tydens die inperkingstyd na hulle uitgereik nie. Mev. Pinky Phosa, Dr Matthews Phosa se vrou, dra hierdie gemeenskap baie na aan die hart. Alicia Whitting, ʼn inwoner van Nelspruit het vroeër tydens die inperkingstyd betrokke geraak by hulpverlening van die Covid Flight-span van die Acorn Stigting. Daar is al aan verskillende gemeenskappe in en om Nelspruit van hulp verleen en kos uitgedeel.

Whitting sê me. Phosa het spesifiek gevra dat daar hierdie keer kospakkies na Bhamjee geneem moet word. “Wat my dadelik van die gemeenskap opgeval het, ten spyte daarvan dat die mense swaar kry, is hoe ordelik dinge daar verloop. Die gemeenskap het sy eie kleuterskool en huise is netjiese klip- en houtstrukture. Ons is op Vrydagoggend met 100 kospakkies na die gemeenskap en Me. Phosa was saam met ons vir die oorhandiging. Nadat die hele gemeenskap hulle kospakkies ontvang het, het daar twee kospakkies oorgebly wat aan twee mense wat van anderkant die Elandsrivier af aangekom het, gegee is.

Die kospakkies voldoen aan die regering se voorskrifte en bevat mieliemeel, geblikte vis, boontjies, olie, melk en stampmielies. ʼn Mens wil emosioneel raak wanneer jy die swaarkry sien, maar ons harte was vol omdat ons wel hier ʼn klein verskil kon maak,” sê Whitting.

 


×