100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man vas vir halfmiljoen se heroïen en alkohol

Written by on April 26, 2020

‘n Man het Vrydag in die hof in Komatipoort verskyn nadat hy na bewering met meer as R600 000 se heroïen en geseëlde bokse alkohol betrap is.
Francisco Langa (31), ‘n trokdrywer van Mosambiek, is Donderdag by ‘n padblokkade in Komatipoort in hegtenis geneem.

Volgens kapt. Dineo Sekgotodi, woordvoerder van die Valke in Mpumalanga, was Langa na Johannesburg onderweg.
Die trok is deursoek en vier pakke heroïen, asook verskeie verseëlde bokse Gordon London Dry Gin en Smirnoff-vodka is gevind.
Langa is aangekla van dwelmhandel en die verbreking van die land se Covid-19-regulasies.
Hy sal na verwagting weer Dinsdag in dieselfde hof voorkom.


×