100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mannejag geloods na moord op polisiebeampte

Written by on June 9, 2025

Die polisie is op soek na drie verdagtes nadat ‘n polisiebeampte Vrydagaand in Pienaar buite Mbombela doodgeskiet is.

Konst. Donald Mathebula (34) was vir 10 jaar in die polisiediens. Hy was ‘n lid van die eenheid vir sigbare polisiëring in Pienaar.

Volgens ‘n polisiewoordvoerder, luit. kol. Jabu Ndubane, is hy in sy privaat voertuig gevind.

Hulle glo hy is voorgelê, maar die motief vir sy moord is tans onbekend.

Mathebula is hospitaal toe gehaas en met sy aankoms dood verklaar:

Luister:

Die Valke in Mpumalanga het intussen ‘n deurbraak gemaak in die ondersoek na die moord verlede Vrydagaand op ‘n polisiebeampte in Lillydale, Culcatta.

Konst. Khulani Chabangu (29) is tydens ‘n sakeroof by ‘n barbier doodgeskiet. Hy was aan die polisie in Volksrust verbonde.

Vrydag is ‘n 25-jarige verdagte in die area aangekeer. Hy was glo in besit van een van die selfone wat tydens die rooftog gesteel is.

‘n Tweede verdagte kon vlug en arrestasie vermy.


Continue reading