100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mankele-eienaar vertel van hartverskeurende besluit om toe te maak

Written by on October 7, 2020

Mankele was nog nooit regtig lewensvatbaar nie, en daarom het hulle besluit om dit toe te maak.
Só verduidelik die eienaar Geoffrey Anderson die familie se aankondiging verlede week dat die welbekende bestemming vir avontuur in die Laeveld vanaf Maandag toe sal wees.
Kamp, wêreldklas bergfietsry en ‘n magdom ander aktiwiteite is iets van die verlede by Mankele.
Hulle skryf dit toe aan die ekonomiese klimaat. Anderson sê Mankele het nooit werklik wins gemaak nie.
“Die brutale, eerlike waarheid is dat dit van die begin af nie lewensvatbaar was nie. Dit is deur ons naburige hoenderplaas (Mikon) gedra.
“Ons het Makele vir 12 jaar volgehou vir emosionele redes. Ons het ‘n passie vir fietsry en gesinne en kinders.”
Anderson verduidelik dat hulle twee jaar gelede begin fokus het op skoolgroepe: spanbou en die ou veldskool-tipe geleenthede.
“Ons het groot hoeveelhede besprekings gehad en begin om ‘n wins te maak, maar met inperking is elke kamp vir die res van die jaar gekanselleer.
“Nou is terug waar ons ‘n paar jaar gelede was.”

Buiten finansies, is Mankele harde werk, om nie van die instandhouding van fietsroetes eers te praat nie.
“Dit neem baie tyd wat ons van die hoenderboerdery af wegneem. Dit is waaruit ons ‘n bestaan maak, en kort ook aandag.”
Hy vertel hoe hy en sy gesin die onlangse langnaweek saam met vriende daar gekuier het.
“Dit was wonderlik, vol gesinne en kinders en braaivleisvure en absolute vrede. Ons het gesê ons sal alles in ons vermoë doen om dit te maak werk.
“Maar aan die ander kant speel ons al lank met die idée: Moet ons toemaak of nie?”
Die finale besluit is verlede week tydens ‘n lang familievergadering geneem.
“Enige onderneming neem ten minste drie jaar om op sy voete te kom. Ons gee dit al 12 jaar en daar kom ‘n punt wanneer jy ‘n besluit met jou kop eerder as jou hart moet neem.”
Hy brei uit dat die hele sakemodel aangepas sal moet word om iets daarvan te maak. “Maar dan is dit nie meer dieselfde Mankele wat almal onthou en wil red nie.”
Die grond sal nie verkoop word nie, maar hulle is oop vir voorstelle as iemand anders dit wil huur en iets anders daarop doen.
Hulle het almal vir hul ondersteuning oor die jare bedank.
Kontak hulle by [email protected].


×