100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Cosatu protesteer in Mbombela teen ‘sinkende skip’

Written by on October 7, 2020

Cosatu en sy vennote het vandag landwyd gestaak teen korrupsie en werkloosheid.
Die vakverbond voer aan dat die land op die randjie van die afgrond staan en eis daadwerklike optrede van beleidmakers.
Lede het op groot skaal van die werk af weggebly.

Soos in ander stede, het mense in Mbombela ook formeel geprotesteer.
‘n Redelike groot groep het Woensdagoggend by Mbombela-stadion byeen gekom van waar hulle met ‘n voertuig-optog eers na die Salga-kantore beweeg het, en toe na Riverside.
Daar het protesteerders te voet na die regeringsgeboue in Riverside gestap.
Hulle het verkeer op die R40 tydelik ontwrig en daarna ‘n memorandum van eise aan die provinsiale regering oorhandig.
Mireille de Villiers het vanaf die toneel verslag gedoen:

Volgens Cosatu se woordvoerder, Sizwe Pamla, moet mense opstaan teen die diefstal van belastingbelatersgeld asook die verlating van die werkersklas deur beleidmakers.
“Burgerlike ongehoorsaamheid is nou van kardinale belang, want om te sit en niks te doen nie, beteken dat ons die doodsvonnis aanvaar wat ons opgelê word deur die politiese en sake-magsbasis wat die ekonomie wanbestuur en werkers se regte aanval,” sê hy in ‘n verklaring.
Hul ander klagtes is teen wetstoepassers wat sukkel om korrupsie en geslagsmisdaad te beveg.


×