100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Mandla Ndlovu as Mpumalanga premier verkies

Written by on June 14, 2024

Die ANC se provinsiale voorsitter, Mandla Ndlovu, is vanoggend tot Mpumalanga premier verkies deur die wetgewer.

Geen ander kandidate is vir die pos genomineer nie.

Ndlovu het mees onlangs as LUR vir Openbare Werke, Paaie en Vervoer gedien.

Hy verwang vir Refilwe Mtshweni-Tsipane, wat sedert 2018 die amp gedra het, en as LPW aanbly.

Ndlovu het die party bedank vir die geleentheid om die mense te dien.

Die voormalige burgemeester van Govan Mbeki plaaslike munisipaliteit, Lindi Masina, is onbestrede as Speaker verkies.

Sam Masango, voorheen die tesourier van die ANC-jeugliga in die provinsie, is haar adjunk.

Masina het onderneem dat lede van die Wetgewer saam sal werk ter wille van inwoners.

Die wetgewer vergroot van 30 na 51 lede.

Die ANC kon tydens die verkiesing 51% van stemme op hom verenig, en het 27 setels.

Die MK Party het nege setels, die EFF sewe, en die DA het ses. Die VF Plus kon hul setel behou en ActionSA het vir die eerste keer een gewen.

Ndlovu sou om 14:00 vanmiddag ingesweer word, maar dit is “weens onvoorsiene omstandighede” uitgestel tot Dinsdag.

Sien ook: Direkteur skuldig bevind aan belastingbedrog


×