100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man in aanhouding na hy vrou glo in Komatipoort doodskiet

Written by on February 19, 2024

‘n Man en vrou verskyn vandag in verskillende howe nadat hulle in afsonderlike voorvalle glo hul minnaars vermoor het die afgelope naweek.

LUISTER DIE VOLLEDIGE BERIG

‘n 48-jarige verdagte verskyn vandag in die Komatipoort-landdroshof op ‘n aanklag van moord.

Volgens die polisiewoordvoerder, kol. Donald Mdhluli, het hy sy 46-jarige vriendin Vrydagoggend in Komatipoort doodgeskiet.

Die slagoffer het as ‘n amptenaar vir die polisie gewerk. Haar liggaam is die middag na skool deur haar dogter ontdek.

Luister:

Die verdagte het homself Saterdag aan die polisie oorgegee. Intussen verskyn ‘n 26-jarige vrou vandag in die Emalahleni-landdroshof op aanklagte van moord.

Volgens die polisie het sy haar 36-jarige vriend Saterdag tydens ‘n rusie doodgesteek.

Hy is die aand in die hospitaal weens die wonde aan sy bolyf dood.

Die Mpumalanga polisiekommissaris, luit. gen. Semakaleng Manamela, het die polisie geloof vir die spoedige arrestasie.

Sien ook: Man vas weens dagga, roekelose bestuur


×