100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man gesteek tydens huisroof in Marlothpark

Written by on June 10, 2025

Die polisie in Mpumalanga soek na drie verdagtes wat Saterdagaand ‘n paartjie in hul huis in Marlothpark aangeval het.

Volgens die polisie is ‘n 68-jarige man, wat weens ‘n longkwaal van ‘’n draagbare lewensondersteunende masjien gebruikmaak, tydens die huisroof gesteek.

Drie onbekende mans het die huis binnegekom deur ‘n deur oop te forseer.

Een verdagte was gewapen met ‘n vuurwapen, ‘n ander met ‘n mes en die derde het ongewapen voorgekom.

Hulle het ook die man se 64-jarige vrou met die vuurwapen gedreig en geld geëis.

Kontant in rande (R180 000) en dollars ($10,000) sowel as ‘n vuurwapen en twee windbukse is gesteel.