100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Verdagte wat glo twee vroue in Matsulu vermoor verskyn in hof

Written by on April 10, 2024

‘n 40-jarige man wat na bewering verlede Dinsdag twee vroue in Matsulu vermoor het, het gister in die Kabokweni-landdroshof verskyn.

Thulani Sikhundla is Maandag in Barberton vasgetrek.

Hy staan tereg op twee aanklagte van moord en word daarvan beskuldig dat hy huisvriende van hom – ‘n 40-jarige vrou en haar 23-jarige dogter – in hul huis met ‘n mes doodgestreek het.

Die saak is uitgestel tot 17 April. Sikhundla bly in aanhouding.

Man gesoek wat twee vroue in Matsulu doodsteek, 3 April 2024

Die polisie het ‘n soektog geloods na ‘n man wat gister vroegoggend twee vroue in Matsulu doodgesteek het.

‘n Familievriend het glo die vorige aand die gesin besoek en later die 40-jarige vrou en haar 23-jarige dogter vermoor.

Haar seun het volgens berigte wakker geword van sy ma se hulpkrete.

Volgens die polisie het die verdagte steeds die mes in sy hand gehad.

 Thulani "Mathousand" Sikhundla

Die seun het hulp gaan soek by die bure en die verdagte het ontsnap.

Hulle soek na Thulani “Mathousand” Sikhundla wat hulle glo hulle in hul ondersoek kan bystaan.

Enigiemand met inligting is gevra om die polisie te kontak.

Sien ook: FlySafair begin met direkte vlugte tussen Mbombela en Kaapstad


Continue reading

×