100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Man dood, twee gewond in skietery in Witrivier

Written by on June 5, 2025

Twee mans is ernstig gewond en een is dood na ‘n skietery naby die Witrivier-rugbyklub gisteraand.

Volgens die polisie het die voorval omstreeks 00:36 plaasgevind.

Pieter Burger is geïdentifiseer as die oorledene.

Marco Schallenkamp en Arno van Niekerk is gewond.

Hulle het na bewering in die rugbyklub gekuier toe ‘n rusie ontstaan het.

Na toemaaktyd het hulle verder in die parkeerterrein baklei en later in Danie Joubertstraat, waar skote afgevuur is.

Twee vuurwapens is op die toneel gekonfiskeer.

‘n Polisiewoordvoerder, luit, kol. Jabu Ndubane, sê ‘n sesjarige kind en ‘n hond was in Schallenkamp se voertuig op die toneel.