Man aangekla na skietdood van Pieter Burger
Written by Mireille on June 18, 2025
Marco Schalekamp het vandag in die Witrivier-landdroshof verskyn op ‘n aanklag van moord en poging tot moord, na die skietdood sowat twee weke gelede van Pieter Burger (foto).
Schalekamp en Arno van Niekerk is beide tydens die voorval gewond.
Van Niekerk is ook sedertien uit die hospitaal ontslaan.
Volgens die Nasionale Vervolgingsgesag in Mpumalanga is die saak teen Schalekamp uitgestel tot volgende Woensdag, 25 Junie, wanneer hy om borgtog aansoek kan doen.