100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Malalane SuperSpar gereed vir heropening

Written by on April 20, 2020

Malalane SuperSpar is besig om gereed te maak om Dinsdag weer die deure vir die publiek te open.
Dit moes op 7 April sy deure vir twee weke sluit, nadat twee werknemers positief getoets het vir Covid-19.
Eienaar Lex Hollmann verduidelik dat drie mense in totaal uiteindelik positief vir die virus getoets het. Geen een is ‘n direkte werknemer nie.
Die winkel het voor die sluiting reeds streng veiligheidsmaatreëls in plek gehad. Intussen is die perseel drie keer gesaniteer.
Vragte vol bederfbare produkte is met die tydelike sluiting in die gemeenskap versprei. Nuwe voorrade vleis, vrugte en groente het vandag begin aankom, aldus Hollmann.
Hy sê dit sal moontlik ‘n dag of wat neem om al die rakke weer vol te pak. Hy verwag ‘n besige winkel Dinsdag.
Hollmann voeg by dat die bedryf van sake seker nooit weer dieselfde sal wees nie, weens die koronavirus.
Hulle sal vanaf more korter ure oop wees. Hulle oorweeg maskers vir alle werknemers en noem dat die kassiere, wat meeste met die publiek werk, reeds skerms tussen hulle en die klante het.
Meer kassiere sal ook oop wees om klante so vinnig moontlik uit die winkel te kry.
Werknemers is ook in twee groepe opgedeel wat afsonderlik werk om hul moontlike blootstelling aan mekaar te beperk.
Luister:

Kyk na Hollmann se jongste video oor die inperking:


×