100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Maak seker jou eiendom is korrek gewaardeer vir belasting

Written by on April 25, 2023

Maak seker jou eiendom is korrek gewaardeer, waarsku Sakkie van Rooyen, ‘n eiendomsagent by Pam Golding.

Inwoners van Mbombela-munisipaliteit het tot 31 Mei om kapsie aan te teken as hulle voel hul huise, sakepersele of plase is oorwaardeer op die munisipale waardasierol wat onlangs gepubliseer is.

Dit sal vanaf 1 Julie vir die volgende vier jaar jou eiendomsbelasting bepaal, sê hy vir Ludi en Mireille.

Wat staan jou te doen? Luister weer hier:

Besoek Mbombela se webtuiste hier om die waardasierol te sien en beswaarvorms af te laai.

Sien ook: Nelspruit-belastingbetalersvereniging terug op die been gebring


×