Luiperd van kant gemaak wat deur kamerdeur in Sabi Sand breek
Written by Mireille on June 12, 2025
‘n Luiperdmannetjie in die Sabi Sand-wildreservaat, wat aan die Krugerwildtuin grens, is van kant gemaak, nadat hy glo ‘n slaapkamerdeur van ‘n huis in ‘n privaat kamp oopgebreek het.
Luidens Maroela Media is die luiperd, genaamd Nhenhe, Vrydag buite ‘n privaatkamp opgemerk.
Hy het geleidelik nader beweeg en is die Saterdagoggend binne die terrein gewaar.
Die nag het hy teen die agterdeur van een van die kamers geslaap.
Hy het Sondagaand ‘n slaapkamerdeur waar twee kleuters geslaap het oopgebreek.
‘n Span is ontplooi om hom te probeer verwilder, maar dit het nie gewerk nie.
Hy is toe van kant gemaak.
*Foto: Nhenhe vroeër deur Graeme Mitchley afgeneem