100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Lily-myn tragedie na sewe jaar herdenk

Written by on February 6, 2023

Dit was gister sewe jaar sedert Lily-myn buite Barberton ingestort het.
Die liggame van drie mynwerkers, Yvonne Mnisi, Pretty Nkambule en Solomon Nyirenda is sedertien ondergronds vasgekeer.
ActionSA het dit gister saam met familie- en gemeenskapslede herdenk.
Partyleier Herman Mashaba sê die ANC-regering se gesloer om die vraghouer met die oorskot van drie werkers te herwin, bly ‘n ongeregtigheid teenoor die mynwerkers en hul families.
Mashaba sê hy gaan die myn se sakereddingpraktisyns vra om die drie werkers se families toegang tot die myn te gee.

*Foto’s: ActionSA Twitter


×