100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Leon van Nierop: Reaksie op ‘Plesierengel’ verras my

Written by on August 18, 2022

“Plesierengel” is hartseer, maar ook snaaks, en Ruan Wessels het skrywer Leon van Nierop skoon uit sy stoel gespeel toe die toneelstuk sy debuut maak.
Dié eenman tragi-komedie is op 2 en 3 September by die Innibos-teaterweek in die Mbombela-stadsteater te sien en is gegrond op Van Nierop se romans “Plesierengel” en “Katelknaap”.
Hy het tydens Op ‘n Drafstap met Charles Gentle – met wie hy ‘n lang geskiedenis deel – gesels oor wat “Plesierengel” is, en wat dit nie is nie. Luister weer hier.

Hy vertel hoe die toneelstuk gebore is. Wessels het hom kom sien.
“Hy kom daar aan en voor hom hou hy die boek ‘Plesierengel’ vas en sê: ‘Jy gaan hierdie as ‘n eenmanstuk vir my skryf’. Ek sê vir hom: ‘Jy is seker mal – ek het nog nooit ‘n eenmanstuk geskryf nie, ek dink ook nie ek kan nie en ek dink jy is ‘n bietjie jonk vir die rol’. En hy sê: ‘Ek sal jou verkeerd bewys’. Weet jy wat? Hy het.”


×