100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laevelder takel sy eerste Dakar-tydren

Written by on January 3, 2023

‘n Aantal Suid-Afrikaners neem vanjaar weer deel aan die Dakar-tydren.
Onder hulle is die Laevelder, Eben Basson van Komatipoort. Sy medebestuurder vir die Hilux-span is Leander Pienaar van Bloemfontein.

Basson en Pienaar is deel van die G Rally-span van België in ‘n klas T3 OT3.
Hulle was onlangs die T1 kampioene in die Suid-Afrikaanse Tydren-kampioenskap in ‘n Toyota Hilux DKR T1.
Dit is slegs Basson se tweede seisoen agter die stuur in tydrenne, en die eerste jaar saam met Pienaar.

Die 2023 Dakar-tydren in Saoedi-Arabië het Saterdag met ‘n inleidende ren afgeskop.
Sowat 865 deelnemers met 455 voertuie het by die wegspringlyn langs die Rooi See aangemeld.
Basson en Pienaar het met ‘n tyd van 09:09 ‘n tiende plek in hul klas behaal in die inleidende ren.
Dit was 19 sekondes agter die wenner, Christina Gutierrez, wat ‘n soortgelyke voertuig bestuur.
Basson het voor die eerste skof op Nuwejaarsdag erken hy is opgewonde sowel as op sy senuwees om die wêreld se mees uitdagende tydren aan te pak.

Die organiseerders het beloof dat die tydren – die vierde een wat in Saoedi-Arabië aangebied word – die mees uitdagende ooit gaan wees met talle sandduinrenne.
Die 45ste aanbieding van die Dakar-tydren eindig op 15 Januarie in Dammam.


×