100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Betalings aan studente in Rusland vorder

Written by on January 3, 2023

Die Mpumalanga Onderwysdepartement sê hy maak vordering met die betaling van klasgelde vir studente wat met beurse van die departement in Rusland studeer.
‘n Totaal van 229 studente wat aan elf universiteite in Rusland medies, ingenieurwese, lugwaart en inligtingstegnologie studeer het verlede jaar alarm gemaak omdat hul klasfooie, verblyf en toelaes vir etlike maande nie betaal is nie.
Lees meer: Premier op pad na Rusland om gegriefde studente te ontmoet
‘n Woordvoerder van die departement, Gerald Sambo, sê betaling van sakgeld en verblyfgeld is op datum.
Klasgelde vir sowat 105 studente is ook gefinaliseer.
Volgens Sambo is die vertraging in betaling te wyte aan sommige universiteite wat weier om fakture direk aan die departement te stuur.

Tambov Universiteit, waar 74 studente geregistreer is, het op 24 Desember eers bevestig dat hulle fakture direk aan die departement sal stuur, en hulle sal by ontvangs geprosesseer word.
Hy sê die provinsiale departement is ook in kommunikasie met drie ander instellings waar 12 studente leer oor die lewering van die faktures.
“Ons is in samesprekings met die departement van hoër onderwys en universiteite oor hoe om studente te akkomodeer as hul betrokke universiteite nie die versoek wil eerbiedig nie,” sê Sambo.
Lees ook: Binnelandse sake betrek om gestrande studente in Rusland te help
Die Spesiale Ondersoekeenheid is gevra om ‘n forensiese ondersoek te doen om te bepaal of enigiemand onbetaamlik voordeel getrek het.


×