100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laeveld interlaer-atletiek skuif na Primary se eie sportvelde

Written by on February 16, 2023

Nelspruit Primary bied vanjaar die interlaer-atletiekbyeenkoms vir grootskole in die Laeveld aan.
Dit sou Saterdag aanvanklik op Hoërskool Bergvlam se gronde plaasgevind het, maar weens die swaar reën die afgelope weke is dié velde te nat en is daar besluit om dit eerder na Primary se eie sportvelde te skuif.
Die hoof, Werner van Tonder, sê dit was ‘n kwessie van voortgaan met die byeenkoms (al moet die program aangepas word) of dit heeltemal afstel.
“Kom ons bied eerder iets aan as niks,” sê hy vir die Sonop-ontbytspan.
Hy deel van die logistieke reëlings. Luister weer hier.

100.5FM saai Saterdag regstreeks uit vanaf die atletiek, wanneer atlete van Primary, Laerskool Laeveld, Laerskool Bergland, Laerskool Nelspruit, Laerskool Witrivier, Laerskool Barberton en Laerskool Lydenburg teen mekaar meeding.


×