100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Laerskool Witrivier se Fathers Ground 7’s stel nie teleur

Written by on November 3, 2022

Die jaarlikse Father’s Ground 7’s-rugbytoernooi is die naweek by Laerskool Witrivier aangebied.
Laerskole Witrivier, Arborpark, Noordskool, Marble Hall, Krugerpark, Nelspruit, Mariepskop, Klipfontein, Steelpoort, Robert Carruthers en Tzaneen het deelgeneem.
In totaal is 87 wedstryde oor die twee dae gespeel.
Die wenners van die verskillende afdelings is met goue-, silwer- en bronsmedaljes in elke ouderdom beloon, asook die “Man van die westryd” trofeë vir die beste speler en span, in elke ouderdomsgroep.
Die westryde op die A-veld is op Supersport Schools uitgesaai.

Laerskool Witrivier het o.13 goud gewen, gevolg deur Laerskool Tzaneen met silwer en Laerskool Arborpark van Newcastle wat derde geëindig het.
Die span van Witrivier het hierdie jaar al hul wedstryde gewen en het met hierdie oorwinning die toernooi gewen.
Tzaneen het die goue medalje gewen in die o.12-kategorie. Laerskool Noordskool en Laerskool Marble Hall het onderskeidelik silwer en brons verower.
Noordskool was die o.11-wenners, met Arborpark in die tweede plek en Witrivier derde.

Foto’s: Platinum Photography


×