100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krugerwildtuin sê besoekers neem toe

Written by on July 14, 2023

Die Nasionale Krugerwildtuin (NKW) sê die aantal besoekers aan die reservaat neem toe.
Die minister van toerisme, Patricia de Lille, is gister aangehaal dat toeriste wat die park besoek sedert 2019 met 21% gedaal het.
Ike Phaahla, woordvoerder van die NKW, sê egter hul data toon dat, hoewel plaaslike besoekers afgeneem het, besoekersgetalle uit die buiteland oor die algemeen gestyg het.
Luister hier:

De Lille was op ‘n oorsigbesoek aan die wildtuin waar sy beleggingsprojekte gemonitor het wat die departement in die wildtuin gemaak het.
“Die doel is om te bepaal hoe die Krugerwildtuin en all sfere van die regering saam kan werk om toerisme te bevorder,” sê sy.
Prioriteitsareas sluit in lisensies vir toeroperateurs, e-visums, infrastruktuur ontwikkeling en toerisme veiligheid.
Sy het ook haar kommer uitgespreek oor misdaad, en genoem dat haar departement meer as 2 200 Toerisme Monitors sal ontplooi na sleutel aantekkingspunte oor die volgende maande. Van hulle sal 100 aan die NKW toegeken word.
Die beleggingsprojekte sluit in sonkragprojekte. Tot dusver is R76,1 miljoen goedgekeur vir 130 installasies van energie- en waterbesparingsprojekte.
Fotovoltaïese sonkrag is by vier attraksies in die NKW opgerig. Dit sluit in Skukuza, Onder-Sabie, Tshokwane- en Nkuhlu-ruskampe.
Sien ook: Derde verdagte in hegtenis na vragmotors brand


×