100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krokodilbrug weer oopgestel vir besoekers aan die wildtuin

Written by on February 22, 2023

Verskeie ruskampe wat weens swaar reën en oorstromings in die Krugerwildtuin gesluit was, is gister weer oopgestel vir besoekers.
Die Krokodilbrug-, Onder-Sabie- en Talamati-ruskampe is weer oop, na die watervlakke genoegsaam gedaal het.
Volgens die woordvoerder van die wildtuin, Ike Phaahla, bly die grondpaaie in die suide van die park gesluit, met die uitsondering van die S3 tussen Numbihek en Phabenihek (S1 en H1-1).

Talamati kan van Orpen op die S140 en van Satara op die S36 en dan die S145 bereik word.
Toegang tot Onder-Sabie is slegs via die Krokodilbrug-hek omdat die H4-1 teerpad tussen Skukuza en Onder-Sabie verspoel het en gesluit bly.
Satara is nie tans vanaf Onder-Sabie bereikbaar nie.
Sable Hide sal tot ten minste 6 Maart gesluit wees, en Biyamiti tot 27 Maart.
Foto: Jean-Philippe Tremblay via SANParks – Kruger National Park op Facebook gister.


×