100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Krisis met vragmotors by Lebombo eindelik verlig

Written by on July 26, 2023

Die sogenaamde “grensoorlog” oor vragmotors by Lebombo het vrugte afgewerp, met die verkeer wat nou beter beheer word.
Linda Grimbeek van die Kruger Laeveld Kamer vir Sake en Toerisme (KLCBT) sê hulle werk reeds geruime tyd saam met alle vlakke van die regering om die probleem met die vragmotors by Lebombo op te los.
Sedert die naweek word vragmotors verhoed om mekaar verby te steek, wat veroorsaak dat die pad nie meer geblokkeer word nie.
Lebombo is per slot van sake die besigste grenspos in die ganse SADC-streek.
Grimbeek gesels tydens Laeveld Ervaring met Robin ook oor die opkomende Asiese mark waarvoor toerisme-ondernemings moet voorberei.
Luister hier:

Verder is die KLCBT nasionaal erken as (nie-amptelik) die beste sakekamer in die land.
Dit is ook die derde grootste (slegs Durban en Johannesburg is groter terwyl Kaapstad gefragmenteer is).
“Wat ons uniek maak is dat ons die enigste kamer is wat op streeksvlak funksioneer. Ons bemark die Laeveld, nie Nelspruit of Witrivier nie.”
Sien ook: KLCBT-toekennings: Inskrywings open


×