100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Korporatiewe Laeveld Spansaam vir gemeenskap

Written by on April 22, 2020

Tweehonderd gesinne het vandag kospakkies ontvang in ‘n gesamentlike onderneming tussen Halls, Buscor, Covid Flight Lowveld en Spar DC. Leigh Green, bemarkingsbestuurder by Halls, sê die inisiatief is van stapel gestuur om die duplisering van uitreikaksies te stop.
Hulle gebruik ‘n sentrale afleweringspunt en identifiseer die begunstidges gesamentlik.
Die 50 gesinne, van vier areas, is deur Buscor se Nora Fakude en die provinsie se rampbestuur geïdentifiseer.
Hulle werk ook saam met Pediatric Care Africa en Penreach om duplisering te keer.
Die pakkies wat Woensdag afgelewer is bevat genoeg kos om ‘n gesin van ses vir twee weke te voed, sowel as Amway voedingstofpakkies en boekies vir bewusmaking oor Covid-19 van Penreach. Green sê dit was die eerste gekoördineerde aflewering.
Volgens haar voorsien hulle dat hulle lank na die inperkingstydperk verby is, sal voortgaan met die kospakkies want mense lei honger en hulle wil maatskaplike onrus voorkom.

Hulle wil die program moontlik ook na ander provinsies uitbrei.
Jy kan ook betrokke raak en dit ondersteun. Besoek acornfoundation.org.za vir meer inligting.


×