100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kenner: Moet nooit gerus wees oor hondsdolheid nie

Written by on December 14, 2021

Daar was vanjaar ‘n skerp styging in hondsdolheid-gevalle onder mense, waarvan die meeste kinders was.
Die meeste gevalle van hierdie dodelike virus is bevestig in KwaZulu-Natal en die Oos-Kaap, areas wat deur ‘n menigte toeriste, ook van die Laeveld, besoek word hierdie tyd van die jaar.
Dr. Molly Lubbinge van The Vets @ 66 in Mbombela, verduidelik dat dit ‘n slegte siekte en sterfte is, omdat die virus die brein en senuweestelsel aantas.
Dit is natuurlik ook heeltemal noodlottig sodra mense eers simptome begin wys.
“Volgens wet moet eienaars hul honde teen die virus in laat ent,” sê sy.
Lubbinge waarsku dat mense ook op hul hoede moet bly, selfs wanneer daar nie ‘n uitbreking van die virus in hul area is nie.
Sy het met Gerhardt gesels. Luister weer hier na die gesprek.


×