100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kenner: Moenie kind te vinnig boelie-etiket gee

Written by on June 4, 2021

‘n Mens word ál meer bewus van boeliegedrag onder kinders, veral omdat dit nuwe vorme aanneem op sosiale media.
Le-Verne Wagner, ‘n opvoedkundige sielkundige wat in Mbombela woon, sê daar is verskillende tipes boelies en verskillende grade van boeliegedrag, wat sosiaal, fisies, emosioneel en verbaal ook kan wees.
Sommige kinders doen dit om ‘n stelling te maak, vir gewildheid, of omdat dit hulle sterker en in beheer laat voel.
“Dit het dikwels te make met beheer,” sê sy. “Kinders wat nie ‘n sin van beheer het nie, of wat onstabiliteit ervaar in ander areas van hul lewens, sal boelies wees omdat hulle ‘n gevoel van beheer nodig het. ‘As ek jou kan beheer, kan ek beter voel’.”
Wagner sê dit is gereeld ‘n noodkreet om hulp, maar voeg by dat boeliegedrag nie noodwendig op ‘n boelie dui nie.
“Almal het in ‘n stadium in hul lewe geboelie, waar ‘n soeke na identiteit en probleemoplosing oorvleuel.
“Jy moet baie versigtig wees om iemand ‘n boelie te noem. Is die kind werklik ‘n boelie of is hy of sy besig om te eksperimenteer met verskillende aspekte van hul persoonlikheid om te sien wat pas hulle die beste?”
Sy sê ouers moet hul kinders leer om ‘n probleem op te los, nie net ‘n situasie nie. Luister weer na Wagner se raad aan ouers.


×