100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Kansa-pretloop Vrydag by Mbombela-stadion

Written by on November 2, 2020

Die Kankervereniging van Suid-Afrika (Kansa) se Laeveld-tak hou Vrydag hul eerste groot fondsinsameling in Nelspruit, sedert inperking begin het.
Hulle kon sedert inperking in Maart afgekondig is, intussen darem gholfdae in Lydenburg en Hazyview aanbied.
Die jaarlikse Skakerings van Pienk-pretloop is egter ‘n grote en vind Vrydag, 6 November, by Mbombela-stadion plaas.
Dit het ten doel om bewusmaking oor borskanker te bevorder, maar is ook ‘n pret uitstappie vir die hele gesin.
Dit vind gewoonlik in Oktober, oftewel borskankermaand, plaas, maar is vanjaar ‘n week later.
Inskrywings beloop R100 per persoon. Dit gee jou ‘n gratis borsondersoek deur dokters van die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging (Sama) asook bloeddruk- en bloedsuikertoetse deur ER24.
Verder kry elke deelnemer ‘n gratis bepaling van hul liggaamsmassa-indeks by Curves Nelspruit.
Selfs die bloedbank sal daar wees sodat mense gerieflik bloed kan skenk.
Dit is bedoel vir die hele gesin. “Mans kan ook borskanker kry,” verduidelik die organiseerder, Pauline Möller.
Verder is daar verskeie ander vermaaklikhede om na uit te sien in kosstalletjies, musiek en uitstallings van gesondheidsprodukte.
Die Pinky Phosa-stigting is vanjaar die hoofborg.

“Die dokters van Sama help ons al die afgelope vyf jaar met die gratis borsondersoeke en ek is ewig dankbaar daarvoor,” sê Möller. “Vanjaar maak ‘n borgskap van die Pinky Phosa-stigting dit moontlik.”
Die vyf-kilometer pretloop begin om 17:00. Deelnemers kan van 16:00 inskryf.
Trek kleurvol aan, dra ‘n gesigmasker, en hou ‘n veilige fisiese afstand.
Kaartjies is ook beskikbaar by Quicket of the Kansa Laeveld-kantore.
Vir meer inligting, kontak Möller by [email protected] of 072-611-2305.


×