100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

In foto’s: Lydenburg se 20 uur van drama

Written by on November 15, 2021

Inwoners van Lydenburg het Sondag erg deurgeloop onder groot hael.


Die Suid-Afrikaanse Weerdiens het die oggend gewaarsku dat ernstige donderstorms met hael en skadelike wind tussen 14:00 en 20:00 verwag word in dele van Mpumalanga en Limpopo.
Teen ongeveer 16:00 het die eerste groot korrels begin val.
Foto’s is wyd op sosiale media versprei van groot haelkorrels, soms so groot soos krieketballe. Huise en voertuie is erg beskadig deur die fel storm.

Inwoners moes verder Maandagoggend wakker word met al die toegangspaaie na die dorp wat versper is met vragmotors en ander swaar voertuie.
Die laaste pad, die R37 tussen Lydenburg en Burgersfort, is uiteindelik kort na 12:00 weer oopgestel vir verkeer, nadat die polisie die trokke kon laat skuif.

Daar word verstaan dat dit ‘n protesaksie was deur ‘n groep wat hulself verset teen werkloosheid en ‘n tekort aan werksgeleenthede in die munisipaliteit.


×