100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Amper twee jaar lange ondersoek lei tot agt in hof vir Valke

Written by on November 15, 2021

Agt verdagtes het* vandag in die hof in Komatipoort verskyn op klagte van bedrog en korrupsie.
Drie mense is Vrydag aangekeer en nog drie Sondag. Die Valke se woordvoerder, kapt. Dineo Sekgotodi, sê nog twee verdagtes sou hulself  aan die owerhede oorhanding.
Die intelligensie-gedrewe operasie na immigrasiebeamptes by Lebombo-grenspos het in Desember 2019 afgeskop.
Hulle het glo tydelike werks- en verblyfpermitte uitgereik. Hulle het na bewering ook omkoopgeld aanvaar om onwettige immigrante van Mosambiek, Eswatini, Zimbabwe en Malawi se paspoorte te stempel om hul verblyf in Suid-Afrika te verleng.

Die ses immigrasiebeamptes en een polisiebeampte is elk borgtog van R2 000 toegestaan. Een buitelandse burger en smous is borgtog geweier. Die saak is uitgestel tot 3 Desember vir verdere ondersoek.
Agt mense wat daarvan aangekla word dat hulle R11,5 miljoen by Trans Collections gesteel het (foto), sal in Mei 2022 verhoor word.
Die hoofverdagte, Carol Ann Avent, en haar sewe medebeskuldigdes het vandag in die hof vir kommersiële misdade in Mbombela verskyn.
Hulle staar saam 1 150 klagte van bedrog, diefstal en geldwassery in die gesig.
Avent het na bewering as ‘n boekhouer gewerk en die onderneming se geld in haar familielede en vriend se rekeninge inbetaal. Die verhoor sal op 12 Mei begin.
Nog niemand is aangekeer vir die kaping van Speedy Mashilo Donderdag nie.
Die Mpumalanga LUR vir menslike nedersettings en streeksvoorsitter van die ANC was om ongeveer 12:00 op pad na ‘n jaguitstappie, toe hy op die R568 tussen Ekangala en KwaMhlanga deur gewapende rowers in ‘n BMW voorgekeer is. Hulle het vuurwapens op hom gerig om hom te dwing om stil te hou.
Volgens polisiewoordvoerder, brig. Selvy Mohlala, is Mashilo in die BMW inforseer en het hulle met hom na die Oos-Rand gery. Een van die aanvallers het sy Toyota Hilux bestuur.
Hy is sowat agt uur later in ‘n afgeleë gebied naby Thembisa afgelaai waar hy deur verbygangers gehelp is.

Buiten sy bakkie is hy van R25 000 kontant, bankkaarte, kruideniersware, ‘n gelisensieerde jaggeweer en 25 rondtes ammunisie beroof.

*Die storie is op 16 November aangepas om die jongste inligting uit die hofverrigtinge in te sluit.


×