100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Huldeblyke stroom in vir David Mabuza 

Written by on July 4, 2025

Huldeblyke stroom in vir Suid-Afrika se voormalige adjunkpresident en die gewese premier van Mpumalanga, David Mabuza (64), wat gister na ‘n kort siekbed in ‘n plaaslike hospitaal oorlede is.

Die woordvoerder van die provinsiale regering se uitvoerende komitee, LUR Thulasizwe Thomo, sê hy het sy lewe gewy aan die verbetering van die sosio-ekonomiese toestande van die mense wat hy bevoorreg was om te lei en te dien. 

Mabuza het van 2018 tot 2023 as adjunkpresident gedien. Hy was ook ‘n voormalige lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee en tussen 2009 en 2018 die premier van Mpumalanga.

“Hy was ‘n nederige dienaar van die mense wat sy bydrae gelewer het as deel van die leierskapskollektief op beide provinsiale en nasionale vlak,” sê Thomo.

Luister:

President Cyril Ramaphosa sê Mabuza verdien Suid-Afrika se waardering vir sy toewyding tot die bevrydingstryd en aan die nasie se ontwikkeling as ‘n inklusiewe, voorspoedige en demokratiese staat.

Die president se woordvoerder, Vincent Magwenya, sê namens die regering en die nasie betuig Ramaphosa sy diepste meegevoel aan die oorlede adjunkpresident se vrou en hul kinders. 

Luister:

Die Parlement het sy erflating van nederigheid, diens en toewyding aan die ideale van Suid-Afrika se konstitusionele demokrasie geëer.

Die woordvoerder van die Parlement, Moloto Mothapo, sê as adjunkpresident het Mabuza ‘n sleutelrol gespeel vir beter samewerking tussen die Parlement en die bestuur.

Luister:

Die EFF sê Mabuza was ‘n veteraan van die vryheidstryd wat lank in diens van die mense gestaan het, en hy het nooit persoonlike ambisie bo sy amptelike plig geplaas nie.

Die EFF sê hy eer Mabuza nie net vir die posisies wat hy beklee het nie, maar as deel van ‘n generasie swart Suid-Afrikaners wat ‘n gewelddadige regime teengestaan het.

ActionSA se president, Herman Mashaba, sê Mabuza was ʼn belangrike figuur in Suid-Afrikaanse politiek en sy bydraes en invloed strek oor dekades. 

Luister:

Rise Mzanzi se leier, Songezo Zibi, het sy innige meegevoel betuig en gesê ‘The Cat’ is weg.

Luister:

Build One South Africa se leier, Mmusi Maimane, beskryf Mabuza as ʼn sentrale figuur op Suid-Afrika se politieke reis.

BOSA se woordvoerder, Roger Solomons, sê die party dra in hierdie tyd van rou sy medelye oor aan familie, vriende en ANC-comrades.

Luister: