100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Makadamia boere baat uit oorvloed van kennis en kenners by ekspo

Written by on February 7, 2022

Die AmberMacs Makadamia Ekspo 2022 Vrydag en Saterdag net buite Witrivier het die organiseerders, bywonende boere en leweransiers se verwagtinge oortref.

Philip Moufarrige van AmberMacs, wat die ekspo gereël het, sê dit was spesifiek op die makadamiabedryf gemik en het verskaffers ingesluit, asook kenners op die gebiede van alles van kunsmis en pesbekamping, tot toebehore, implemente en sekuriteit.
Bywoning was gratis, en die algemene publiek het ook van die geleentheid gebruik gemaak om meer oor dié produk, so eie aan die Laeveld, te leer.
Moufarrige sê die ekspo is ‘n belangrike geleentheid om boere te bemagtig met inligting, omdat ‘n fout wat vroeg begaan word op ‘n plaas, baie lank kan neem om reg te stel.


×