100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Nege wat glo bedrog pleeg by Nkomazi-tolhek verskyn in hof

Written by on April 26, 2024

Nege verdagtes het gister in die Louw`s Creek Periodieke hof verskyn op aanklagte van bedrog, die besit van gesteelde of gekloonde bankaarte en oortreding van die Wet op Kubermisdaad.

Hulle is Woensdag by die Nkomazi-tolhek op die N4 gearresteer na die Valke verskeie klagtes ontvang het oor beweerde bedrog.

Hulle het glo gesteelde kaarte gebruik om motoriste en vragmotorbestuurders se tolgeld te betaal, teen vergoeding van die bestuurders.

Die nege is: Bernarto Mashava (22), Oshvaldo Mashayela (25), Manual Mathonzi (22), Lourense Zitha (30), Janeoro Mbalane (41), Erick Thulani Phiri (32), Samuel Mashaba (28), Lourence Mbiza (45) en Wandile Chongo (24).

Hulle bly in aanhouding en verskyn weer op 2 Mei om vir borgtog aansoek te doen.

Sien ook: Tweede verdagte gesoek vir moord op polisiebeampte

*Foto ter illustrasie. Geneem deur Cristinel Istratescu


×