100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hoërskool Nelspruit aangewys as top-skool in Mpumalanga

Written by on January 19, 2024

Hoërskool Nelspruit (NHS) is aangewys as die top-presterende staatskool in Mpumalanga weens hul 2023 matriekuitslae.

Dit is vanoggend deur die LUR vir onderwys, Bonakele Majuba, by die Univerisiteit van Mpumalanga bekendgemaak.

Die provinsie het ‘n slaagsyfer van 77%.

NHS het ‘n 100%-slaagsyfer.

Van hul 250 gr. 12’s kwalifiseer 204 vir graadstudie.

Hulle het tussen hulle 188 onderskeidings verwerf.

Altesaam het ‘n leerling nege A’s, een het agt A’s, tien behaal sewe onderskeidings en ses behaal ses.

Verder is NHS se hoofdogter, Niandi Coetzee, as die topleerling in Mpumalanga aangewys.

Die skool wat die meeste verbeter het was Mahlatsi Sekondêre Skool in die Malalane-kring wat met 25,8% verbeter het tot ‘n slaagsyfer van 88,9%.

Hoërskool Lydenburg en Komatipoort Akademie spog onder meer ook met 100%-slaagsyfers.

So vaar ander groot Laeveldse skole

Hoërskool Bergvlam: 98,9%
Hoërskool Rob Ferreira: 98,8%
Lowveld High: 92%
Hoërskool Barberton: 89,7%
Valencia Combined: 87,7%
Sybrand van Niekerk: 75,5%

Sien ook: Topmatrieks: Penryn-leerlinge skitter


×