100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Hare rys oor beoogde wysigings aan Padongelukkewet

Written by on September 22, 2023

Voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet, wat die Padongelukkefonds (POF) rig, word met teenkanting uit talle oorde begroet.

Pieter Nel, ‘n Laeveldse prokureur wat spesialiseer in derdeparty-eise, sê dit sal verreikende gevolge hê as dit in sy huidige vorm deurgevoer word.

Hy beskou dit ook as uiters onbillik teenoor enigiemand wat daardeur geraak kan word (wat enige padgebruiker in Suid-Afrika is).

“Wat interessant is, is dat jou brandstofheffing nie minder gaan word nie,” verduidelik hy vir Sonop Ontbyt.

Luister weer hier:

Die publiek het tot 8 Oktober om oor die voorgestelde wysigings aan die Padongelukkewet kommentaar te lewer.

Sien ook: Laeveld nuushooftrekke – Week 38 van 2023


×