100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Grace Baby Haven open eersdaags sy deure vir weggooibabas

Written by on December 28, 2021

Grace Baby Haven maak in Januarie sy deure oop as ‘n veilige hawe vir weggooibabas, waarna daar ‘n baie groot vraag is.
Stigters Justin en Ané Grobbler vertel dat daar die jaar alleen meer as 85 kinders agtergelaat is in net Nelspruit en Mataffin, meestal in hospitale waar ma’s geboorte skenk.
Dié nie-winsgewende organisasie werk saam met Child Welfare, wat die kinders plaas.
Aanvanklik sal Grace Baby Haven ses babas kan inneem. Hoewel hulle spesialiseer in kinders tot en met twee jaar, kan hulle ouer kinders ook akkomodeer, omdat dit verkieslik is om boeties en sussies bymekaar te hou.
“Die groot idee is vir hulle om hul ‘forever’ huise te kry,” sê Justin. “Ons wil ook ouers help wat babas wil aanneem, dat die proses vinniger gaan. Die kinders se stabiliteit is die grootste oorweging.”
Luister weer hier na die gesprek.

Kontak die Grobblers direk by 072-495-1862 of 079-599-0572 of besoek ccsocialservices.co.za/gbh en Grace Baby Haven op Facebook vir meer besonderhede.


×