100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Drie voor die hof weens onwettige vuurwapens

Written by on December 30, 2021

Twee verdagtes is gister in Sabie aangekeer deur die Nelspruit Blitspatrollie.
Hulle was glo in die besit van ongelisensieerde vuurwapens en ammunisie.
Volgens polisiewoordvoerder, kapt. Gugu Phiri, was hulle in ‘n voertuig wat na bewering by Kabokweni gekaap is. Die nasporingsmaatskappy en polisie het hulle gevolg.
Sy sê hulle het in bosse in gevlug toe hulle besef hulle word agtervolg en is deur ‘n vriend opgelaai.
Die polisie het hulle in ‘n huis in Sabie gevind en aangekeer.
Drie 9mm pistole sowel as vermoedelik gesteelde selfone is in hul besit gevind.
Volgens die Valke word hulle ook gekoppel aan kardiefstalle in Kabokweni, Pienaar en Graskop in 2019.
Beide behoort vandag in die hof te verskyn.

‘n 31-jarige man het ook gister in die Lydenburg-landdroshof verskyn vir die besit van ‘n gesteelde vuurwapen.
Hy is die vorige dag deur die Lydenburg honde-eenheid aangekeer na hulle ‘n verdagte vragmotor gestop en deursoek het.
Die Z88-pistool is in die man se bagasie gevind.
Volgens Phiri het die verdagte erken dat hy die vuurwapen by ‘n polisie-beampte afgeneem het.
Die saak is uitgestel tot 11 Januarie.


×