100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Goeie reën tot Saterdag verwag

Written by on January 30, 2023

Swaar reën en hewige donderbuie sal na verwagting aan en af tot Saterdag in dele van Mpumalanga, Limpopo, Gauteng, Noordwes, die Vrystaat en KwaZulu-Natal duur.
Volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens (SAWD) kan plekke daagliks tot ‘n 60% kans op reën hê met neerslag meestal oornag tot in die vroeg oggend en smiddae.
Vir vandag is ‘n geel vlak 2-waarskuwing uitgereik vir hewige donderstorms met swaar neerslae in die oostelike Hoëveld van Mpumalanga en ‘n geel vlak 4-waarskuwing vir ontwrigtende reën op die westelike Hoëveld.
Na ‘n paar verswelgende weke is daar sedert gisteraand tot vanoggend 45 mm by Klipspruit naby Kwenadam buite Lydenburg gemeet, 34 mm by Sudwala, 22 mm in Graskop en Barberton, en 18 mm in Sabie.


×