100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geometriese energie sorg vir goud vir sibbe

Written by on August 1, 2023

‘n Jong suster en broer van Mbombela is met goud beloon by die Eskom Ekspo wat onlangs by Penryn aangebied is met hul projek oor geometriese energie.

Amani Nomani (gr. 9 in Hoërskool Bergvlam) en Danyaal Nomani (gr. 6 in Nelspruit Primary) sê geometriese energie is ideaal vir gebruik in Suid-Afrika want dit is baie skoon en veilig en verg min spasie.

Hul projek is aangewys as die beste van alle deelnemende hoërskole in Mpumalanga sowel as die beste  projek by dié been van die ekspo.

Geometriese energie is reeds in verskeie ander lande in gebruik, en hoewel dit aanvanklik duur kan wees omdat jy in die aarde in boor, kan dit oor die langtermyn oplos.

“Ons almal weet van sonkrag en hidroëlektrisiteit, maar hulle hang almal van die klimaat af. Hierdie is so veilig, jy kan dit in die middel van ‘n landery of plantasie sit.

“Dit mag dalk duur wees, maar dink in die langtermyn kan dit in al ons behoeftes voorsien.”

Boonop het die Nomani’s bepaal jy hoef in Suid-Afrika, en spesifiek Mbombela, nie baie diep te boor nie, weens die warm klimaat en hitteproduksie van stollingsgesteentes.

Hulle gesels met Ludi en Mireille.

Luister weer hier:

Sien ook: Boorwerk in Makhonjwa-berge lewer opwindende vondse


×