100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Geen veranderinge aan Pumas-span vir Curriebeker-finaal

Written by on June 23, 2022

Die Pumas-span wat Saterdag hul plek in die Curriebeker-finaal bespreek het met ‘n oorwinning oor die Vrystaat, is onveranderd vir hul geskiedkundige wedstryd hierdie naweek.

Dieselfde 23-man span wat in die laaste minute met drie punte kon wen, sal die aanslag teen die Griekwas in Kimberley lei. Die spanne het derde en en vierdie geëindig op die punteleer en moes albei hul halfeindrondes weg speel – en kon die verdedigende kampioene (Bulle) en leiers op die punteleer (Cheetahs) wen.

Die Pumas word weer aangevoer deur kaptein, Willie Engelbrecht, wat Saterdag sy finale buiging in die pienktrui maak. ‘n Vol stadion sal in Kimberley toegelaat word, na die beperkings op bywoning van openbare geleenthede gisteraand amptelik opgehef is. Die afskop is om 15:00.

Airlink Pumas
1. Corné Fourie
2. Eduan Swart
3. Ig Prinsloo
4. Deon Slabbert
5. Shane Kirkwood
6. Daniel Maartens
7. Willie Engelbrecht (k)
8. Andre Fouché
9. Chriswill September
10. Tinus de Beer
11. Jade Stighling
12. Eddie Fouché
13. Sebastian de Klerk
14. Tapiwa Mafura
15. Devon Williams
16. Llewellyn Classen
17. Dewald Maritz
18. Simon Raw
19. Kwanda Dimaza
20. Francois Kleinhans
21. Giovan Snyman
22. Ali Mgijima
23. Alwayno Visagie

Foto: Devon Williams in aksie teen die Griekwas by Mbombela-stadion op 10 Junie. Foto: Hennie Homann | HH Photography


×