100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Elandsvallei-konstruksie op N4 skop af

Written by on September 29, 2021

TRAC N4 het vandag begin om ‘n nuwe stormwater-afvoerstelsel by Elandshoek te bou.
Hierdie deel van die pad is vroeër vanjaar vir twee weke gesluit na tropiese strom Eloïse sowat 160 mm se reën binne 36 uur in die Ngodwana area sien val het.
Die gepaardgaande flitsvloed het bome ontwortel wat die padinfrastruktuur erg beskadig het. Dit is tydelik herstel, maar daar is besluit dat ‘n meer permanente oplossing nodig is.
‘n Verbeterde afvoerstelsel wat ‘n baie groter watervloei onder die pad toelaat word daarom nou gebou.
Die hele projek sal sowat vyf maande neem en sluit in die vervanging van die bestaande padreëlings met nuwe beton leunmure.
Die Elandsvallei-deel van die N4 sal vir twee maande gesluit wees. Verkeer sal na Schoemanskloof herlei word. ‘n Tydelike verbypad is gebou vir plaaslike verkeer na Ngodwana.
TRAC se kommunikasiebestuurder, Solange Soares, verduidelik:

“Hierdie deel van die pad sal na verwagting in Desember heropen word,” sê sy. “Ander padwerke behoort teen Maart volgende jaar afgehandel wees.”
Volgens TRAC se uitvoerende hoof, Alex van Niekerk, is die herleiding nodig omdat die konstruksie kompleks is. Hy het motoriste gevra om geduldig te wees.
Vir meer inligting oor die roete kan mense die 24-huur hulplyn kontak by 0800-87-2264, hul webtuiste besoek by tracn4.co.za of hulle volg op Twitter @TRACN4route.

*Foto: Die skade aan die pad net na die storm.


×