100.5FM

#TrotsLaeveld

Current track

Title

Artist

Background

Duisend eendjies hou resies

Written by on June 3, 2022

Duisend rubber badeendjies maak gereed om môre resies te hou in die Gladdespruit. Die Diva Duck Race skop om 13:00 af by Friend’s Café en eindig by Vollies (Volle Evangeliekerk).
Jy hoef darem nie saam te draf nie, sê Nikki Viljoen wat dit reël ten bate van haar dogter, Monica Viljoen. Hierdie plaaslike model samel fondse in om in Julie die IMTA-konvensie in New York by te woon.
Om deel te wees van die pret, kan jy vooraf ‘n eendjie aanneem op Quicket, of Saterdagoggend by Friend’s Café vanaf 11:00.
Die aanneem-ouers van die drie vinnigste swemmertjies steek kontant in hul sakke: R5 000, R3 000 en R2 000 is op die spel.
Kontak Viljoen by 066-1070-889 vir verdere navrae. Die eendjies spring om 13:00 weg.


×